~Voorkoming is beter as genesing~
Die jaar het met spoed weggespring en is al
amper oor die halfpad-merk. Is ons as gemeemskappe en lede van GESINNE toegerus om
die beste te maak van die stresvolle seisoenverandering en die gejaar na die
jaareinde ? Ons leef in ‘n wêreld waar mens daagliks gebombardeer word deur
geweld, slegte nuus en stress wat sekondere trauma veroorsaak.
• Hoe hou mens dit uit sonder om self deel van die probleem te word?
As samelewing is ons Skenkervoos, sukkel met die die Bystander-sindroom en veral Meegevoeluitputting!
Dis maar drie van die vele woorde vir wat in die volksmond as UITBRANDING
bekend staan
• Hoe hou mens dit uit sonder om self deel van die probleem te word?
• Het jy die beste bedoeling om positiewe
verandering in jou lewe te bewerkstellig – maar maak nie veel vordering nie?
DIE
SLEGTE NUUS:
Spanning en stres laat ons denke toeklap,
versnel die hart se ritme, belemmer die bloedsomloop en ons vuiste bal as ‘n
outomatiese regmaak vir veg (...of soms vlug)
Wat
doen jy die oggend van 16 Junie 2012? Hoekom wag tot dit te laat is?
DIE
GOEIE NUUS:
Kom leer meer oor die “Anatomie van Vrede”
voor die winter-koue ons pak en gaan die jaareiende tegemoet met “ OOP KOP, HART EN HANDE” vaardighede!
Hierdie uiters kreatiewe, laat-jou-dink,
hoë impak, aksie-leer werksessie sal jou
• die simptome en voorteken van Uitbranding
leer raak sien
• toerus met ‘n paar kragtige oopkop
eerstehulpmiddels wanneer jy die tekens sien naderkruip
• inspireer om die beste te maak van jou
professionele en persoonlike potensiaal
• bemagtig om die dinamiek van jou eie
verhoudings (werk, huis, andere) positief te beinvloed!
Waar: 29 Lion Road, Sterrewag, PRETORIA
Wanneer: 16 Junie 2012, 8:30 vir 9:00 – 12:00
Koste: R300* - Kom geniet die oggend en leer staan
jou man met OOP KOP, HART EN HANDE
(* vooraf registrasie noodsaaklik!
Bespreek voor 9 Junie - Verversings, ens ingesluit)
SLEGS 10 registrasies – bespreek NOU om
teleurstelling te voorkom!
Besprekings: 012 460-5686 /
082-555-7575
AANBIEDER: Dr Elta Boshard is ‘n gesoute
fasiliteerder van verandering en Traumapraktisyn. Sy het meer as 25 jaar se
navorsing en wye ervaring in haar vakgebied.

No comments:
Post a Comment