4/15/2012

Mei-Maand En Alreeds Moeg en Moedeloos


~Voorkoming is beter as genesing~

Die jaar het met spoed weggespring en is al amper oor die halfpad-merk. Is ons as gemeemskappe en lede van GESINNE toegerus om die beste te maak van die stresvolle seisoenverandering en die gejaar na die jaareinde ? Ons leef in ‘n wêreld waar mens daagliks gebombardeer word deur geweld, slegte nuus en stress wat sekondere trauma veroorsaak. 

As samelewing is ons Skenkervoos, sukkel met die die Bystander-sindroom en veral Meegevoeluitputting! Dis maar drie van die vele woorde vir wat in die volksmond as UITBRANDING bekend staan

• Hoe hou mens dit uit sonder om self deel van die probleem te word?
• Het jy die beste bedoeling om positiewe verandering in jou lewe te bewerkstellig – maar maak nie veel vordering nie?

DIE SLEGTE NUUS: 
Spanning en stres laat ons denke toeklap, versnel die hart se ritme, belemmer die bloedsomloop en ons vuiste bal as ‘n outomatiese regmaak vir veg (...of soms vlug)

Wat doen jy die oggend van 16 Junie 2012? Hoekom wag tot dit te laat is?

DIE GOEIE NUUS: 
Kom leer meer oor die “Anatomie van Vrede” voor die winter-koue ons pak en gaan die jaareiende tegemoet met  “ OOP KOP, HART EN HANDE” vaardighede!

Hierdie uiters kreatiewe, laat-jou-dink, hoë impak, aksie-leer werksessie sal jou

• die simptome en voorteken van Uitbranding leer raak sien
• toerus met ‘n paar kragtige oopkop eerstehulpmiddels wanneer jy die tekens sien naderkruip
• inspireer om die beste te maak van jou professionele en persoonlike potensiaal
• bemagtig om die dinamiek van jou eie verhoudings (werk, huis, andere) positief te beinvloed!

Waar: 29 Lion Road, Sterrewag, PRETORIA

Wanneer: 16 Junie 2012, 8:30 vir 9:00 – 12:00

Koste: R300* -  Kom geniet die oggend en leer staan jou man met OOP KOP, HART EN HANDE

 (* vooraf registrasie noodsaaklik! Bespreek voor 9 Junie - Verversings, ens ingesluit) 


SLEGS 10 registrasies – bespreek NOU om teleurstelling te voorkom!

Besprekings:  012 460-5686 / 082-555-7575

AANBIEDER: Dr Elta Boshard is ‘n gesoute fasiliteerder van verandering en Traumapraktisyn. Sy het meer as 25 jaar se navorsing en wye ervaring in haar vakgebied.