Die jaar spoed ten einde en meeste van ons sien uit na die Desember vakansie. Maar is ons voorbereid om die beste te maak van die stresvolle aanloop na die vakansie sodat vakansie weer ‘n slag vakansie in die ware sin van die woord kan wees?
Hoekom wag tot dit te laat is?
Ons leef in ‘n wêreld waar mens daagliks gekonfronteer word deur geweld, slegte nuus en stress wat traumatiese afmetings aanneem.
Leierskap is in krisis – nie net in die wêreld van politiek, kerk, werk en skool nie, maar ook vir die tuisteskepper kom leierskap onder aanslag.
• Hoe hou mens dit uit sonder om self deel van die probleem te word?
• Het jy die beste bedoeling om positiewe verandering in jou direkte omgewing te bewerkstellig – maar maak nie veel vordering nie?
DIE SLEGTE NUUS: Spanning en stress laat ons denke toeklap, versnel die hart se ritme, belemmer die bloedsomloop en ons vuiste bal as ‘n outomatiese regmaak vir veg (...of soms vlug)
DIE GOEIE NUUS: Kom leer meer oor die “Anatomie van Vrede” voor die Feesseisoen en gaan die jaareiende tegemoet met ‘n “Oop kop, hart en hande” gesindheid!
Wie Behoort Dit By Te Woon? Almal in leierskapsposisies en/of diegene betrokke by menslike hulpbron funksies
• toerus met ‘n paar kragtige oopkop eerstehulpmiddels en
• jou inspireer om die beste te maak van jou professionele en persoonlike potensiaal.
• bemagtig om die dinamiek van jou eie verhoudings (werk, huis, andere) positief te beinvloed!
Waar: Kleinkaap, 87 Jim van der Merwe Weg, Clubview, Centurion
Wanneer: 16 September 2011, 8:30 vir 9:00 – 12:00
Koste: R600 (afslag vir groepsbesprekings vir meer as 5 – vooraf registrsie noodsaaklik voor 9 Sept - Verversings, ens ingesluit) Beperkte aantal registrasies – bespreek NOU om teleurstelling te voorkom!
Besprekings: doc@profact.co.za 012 460-5686 / 082-555-7575
AANBIEDER: Dr Elta Boshard is ‘n Leierskap ‘Coach’ en Traumapraktisyn en het meer as 21 jaar ervaring in haar vakgebied.
Hierdie werksessie word gewoonlik in Engels aangebied – dis is ‘n eerste in Afrikaans en hopelik nie die laaste nie– maar hierdie is ‘n spesiale geleentheid – soort van ‘n verjaarsdag....
....want C-i-C@29–virtuele trauma sentrum – is 6 jaar oud! Soos berig in “TSHWANE BEELD 2005”
Dr. Elta Boshard, bekende Pretoriase traumapraktisyn, sê dis ’n slegte en bitter pil om te sluk wanneer allerlei gevare en verlies jou om elke hoek by die huis, werk, straat of motor inwag.
Boshard het Saterdag, 16 September 2006, geskiedenis gemaak in Pretoria toe die eerste virtuele traumasentrum, wat bekend staan as C-i-C@29 in Momumentpark bekend gestel is.
Dié sentrum is ’n gemeenskapsontwikkelingsprojek van Dr. Elta’s Enablers en word deur vrywilligers, wat deur Boshard self opgelei word, beman. (Tshwane-Beeld Woensdag 12 Oktober 2005)
Hierdie werkswinkel is daarop gemik om fondse te genereer vir hierdie sentrum -wat sonder winsmotief bedryf word.



0 comments:
Post a Comment